Monday, December 13, 2010

Daar's 'n Spook in my Storie : DEEL 1


Jaak sit in die tronk. 'n Reporter sit buite sy tralies en vra vrae oor wat gebeur het 5 jaar gelede...

Jaak :
Jy vra hoekom? Hoe de fok moet ek weet dumbass? Hoekom gebeur sulke kak met goeie mense? Ek weet nie. Ons wou net 'n bietjie fun he en toe draai die fun in iets ernstig in.

Reporter :
Die polisie se dit was jy.

Jaak :
Natuurlik se hulle dit was ek kont! (Gil) Want sulke goed bestaan mos nie. Daar is niks wat ek aan enige iets kan doen nie, want ek kan niks bewys nie!

Reporter :
(Maak sy keel skoon) So sal jy ons jou storie vertel?

Jaak :
Uhm… Is dit nie wat ek anyway moet doen nie? Onthou net, dit wat ek jou gaan vertel is die waarheid. En dis nie 'n fokken storie vir mense wat maklik bang raak nie, want ja, daar is 'n spook in my storie… Dit was vrydag aand en ons was by Michael se huis…


Jaak kry 'n flash back van toe als net gebeur het. Hy onthou dit baie goed. Hulle was by Michael se huis. Hulle het al klaar 3 joints in en twee bongs elk. Hulle was alleen. En dit was 'n baie donker, winderige aand. Hulle was besig met 'n kompetisie, 'Wie kan die vinnigste sy pizza op eet?'


Michael :
Aaaaahh dude! Ek gaan in my broek kots! (Skree/lag)

Jaak :
Sis man! Moenie praat met kos in jou mond nie! (Gril)

Michael :
Ek wen! Yesss! (Skree uit)

Jaak :
Fok dude, hoe het jy dit reg gekry? Ek het nog net een slice gehad.

Michael :
Ek was honger. Relax net bra. Moenie 'n doos trek nie. (Kwaai)

 
Jaak kyk net vir Michael baie weird aan en dink, 'Hoekom de fok is hy so ernsig?'

Jaak haal die bong uit die kas uit terwyl Michael besig is om die weed skoon te maak. Hulle altwee rook 6 vet bongs na mekaar.


Later die aand toe hulle besig was om 'n movie te kyk...



Jaak :
Duuuuude. (Kry idee) Weet jy wat ons moet doen? Ons moet soos ghost hunters wees. Maar soos regtig dude. Hoor jy wat ek se? (Freak bietjie uit) Dude ghost hun... Spook vang... hoor jy my? Ek het gehoor dat die huis het 'n spook.  (Skrik vir die geluide buite)

Michael :
Spook? Is jy befok in jou kop bra! (Dink vir presies 87 sekondes) Ek het dit ook gehoor maar ek het nie gedink dis waar nie.

Jaak :
Dude ek se jou, die huis spook! (Ernstig)

Michael :
So jy dink dis waar?

Jaak :
Dude for fuck sakes, ek se jou, die huis spook! (Baie ernstig met 'n dom uitdrukking op sy gesig)

Michael :
Okay, die huis spook!

Jaak :
Weet jy wat dit beteken? (Opgewonde)

Saam :
Ghost hunters!!! (Hou hande vas en spring in die lug op)

Jaak :
More begin ons investigate.

Michael :
Kan nie wag nie!


Word vervolg...

More kom DEEL 2.

No comments:

Post a Comment