Tuesday, December 21, 2010

Daar's 'n Spook in my Storie : DEEL 3



Michael en Jaak is besig om xbox te speel. Hulle speel vir so tydjie. Michael staan op en gaan badkamer toe. Hy vluit terwyl hy pee. Hy kom by die was bak en was sy hande. Hy kyk in die speel en sien die spook staan agter hom. Hy skrik sy gat af. Toe hy weer kyk is sy weg. Hy hardloop in na Jaak toe en sit die TV af.



Jaak : 
Dude what the fuck? Ek was on a roll!

Michael : 
Dude… Dude… Dude.

Jaak :
Rustig nou. Se my wat het gebeur.

Michael :
Dude. In die badkamer. Spieel. Agter my. Weg. Pis. (Baie deurmekaar)

Jaak :
Wat? Die spook het agter jou gestaan toe jy jou hande was  na jy gepis het?

Michael :
Ja, dis wat ek gese het!



Jaak hardloop badkamer toe. Hy kyk rond en sien niks.

Hy stap terug.




Jaak : 
Daar is niks jou aap. Chill net uit en jam xbox. Die spook ding is te erg in jou kop nou.



Michael staar net op een plek terwyl Jaak weer begin xbox speel.


Later daai aand...
Jaak en Michael le in die bed. Hulle is vas aan die slaap. Die spook staan in die hoek van die kamer en kyk net vir hulle. Sy beweeg al hoe nader aan Jaak. Soos sy nader beweeg gaan haar klere van haar lyf af. Sy is in haar onder klere. hmmmmmmm...  Sy kryp op die bed waar Jaak le. Haar gesig is bo Jaak sin en die bloed van haar mond drip op sy gesig. Sy oe gaan oop en hy begin te gil en spring op.


Michael sit die lig aan maar daar is niks. Net hulle twee alleen in die kamer.




Michael :
Jaak! Is jy okay? Wat het gebeur?

Jaak : 
Wat dink jy het gebeur?

Michael :
Het jy weer daai droom gehad waar die priester oom jou boude in smeer met room?

Jaak :
Wat? Nee! Die fokken spook! Die meisie! Syt gebloei oor my hele fokken gesig! (Baie bang en deurmekaar)

Michael :
Waars die bloed Jaak? Want klink of jy bietjie kak praat.

Jaak :
Michael, ek sweer dude! Sy was hier!

Michael :
(Besef) O fok! Sy weet ons wil haar dood maak!

Jaak : 
Sys klaar dood! Sy weet ons wil haar weer dood maak!

Michael :
Nog erger! (Gil)


Hulle gryp n klomp goed en hardloop uit die huis.


Die storie pause. 


Jaak is weer terug in die Interview kamer met die reporter.



Jaak :
Sorry julle. Ek moet gou pis.



Hy staan op en loop weg.


Reporter : 
Okay, ek moet n nuwe fokken werk kry. Die ou is mal. Spoke. Wie de hel glo in spoke? Dis belaglik. Ek hoop die storie is amper verby. Ek wil huis toe gaan en my meisie gaan shag.



Jaak kom terug en gaan sit weer op die stoel.




Jaak : 
Okay waar was ek?

Reporter :
Julle het uit die huis uit gestorm na die spook jou aan geval het.

Jaak : 
Oh ja… So… Ons word die volgende oggend wakker in die kar…


Hulle word wakker in die kar.



Michael : 
Dude!

Jaak :
Wat gaan ons maak?

Michael : 
Eks bang Jaak.

Jaak :
Jy dink jys bang, jy moet sien hoe lyk my onderbroek.

Michael :
Wat gaan ons doen?



Die scene cut na waar hulle deur n yellow pages blaai.



Jaak : 
(Soek in die yellow pages) G… Ghost Hunters. Ek het dit!

Michael :
Bel!



Jaak tel foon op en tik in die nr.



Jaak :
Hello. Is dit ‘We suck at this Ghost Hunters’? Awesome! Ons het jul hulp nodig! Waar kan ons meet? Okay en julle is goed in wat jul doen ne? Great! Sien julle nou nou.

Michael :
Wat se hulle?

Jaak :
Ons moet nou na hulle toe gaan.

Michael :
Lets go!




Michael tel die kar sleutels op en loop uit die huis uit. Jaak staar deur die huis en gril.

Hulle stop voor die ouens se huis. Dit lyk maar baie dodgy, maar besluit om te gaan kyk.


Hulle klim uit en klop aan die deur.


Dr. Albert maak oop.




Dr. Albert : 
Yes ja manne is dit julle met wie ek op die foon gepraat het?

Jaak :
Ja, ek is Jaak en dis my vriend Michael.

Dr. Albert :
Kom binne. Maak julle self gemaklik. Net nie te gemaklik nie.



Dr. Albert en Prof Merwe begin te lag.



Dr. Albert :
Ek is dokter Albert en dis my kolega Prof Merwe.

Michael :
Is jy regtig n dokter?

Jaak :
En jy n prof? want julle lyk baie jonk.

Michael : 
Tensy jul net baie goed vir jul ouderdom lyk.

Jaak :
Ja dit sal nogal awesome wees. Imagine hulle is so goed dat hulle n pil gekry het om jonk te kan bly.

Michael :
Of n inspuiting.

Jaak :
Of soos n poeier wat jy saam water drink. Amper soos n grandpa.

Pieter :
Of wat van…

Prof Merwe :
Is julle amper klaar?

Jaak :
Ja amper prof. Gaan aan.

Michael :
Of soos n …

Prof Merwe :
Shut up fok!

Dr. Albert :
Dis maar net wat ons se. Want ons is ghost hunters en wil cool klink.

Jaak :
Dis stupid.

Prof Merwe : 
Hoekom is dit stupid?

Jaak :
Want dit is net.

Prof Merwe :
Maar se my hoekom.

Jaak :
Wel eks n ghost hunter en eks net Jaak. Ha.. Ha..

Prof Merwe :
Wel as ek reg onthou is jul hier vir my hulp.

Dr. Goosen :
Ons hulp.

Michael :
Aaaaah, ekt helemal vergeet wat ons hier doen. Dankie dit sou my die hele dag gepla het… hey, dalk IS jy n  professer. Well done.

Dr. Goosen :
So wat is in jul huis? ‘n Spook? ‘n Demoon? Heks? Alien? Zombie? Gremlin? Wat? Wat is dit?

Jaak : 
Dis n spook.

Michael :
n Fokken hot spook.

Prof Merwe :
Ai shit ons kan jul nie help nie.

Jaak :
Hoekom de fok nie?

Dr. Goosen :
Want ons is klaar met die kak. Ons het nuwe lewens begin.

Michael :
Joke jy nou?

Dr.Goosen :
Lyk dit of ek joke?



Hulle staar na mekaar.



Michael :
Nee dit doen nie.

Dr. Goosen :
Wel nou toe nou. Julle kan maar gaan. Ons kan julle nie help nie.

Jaak :
Hou net gou aan. Se jy vir my ons het al die pad hier na toe gekom vir fokkol?

Prof Merwe :
Ja.

Jaak :
Ons het op die foon met julle gepraat. Julle het gese ons moet hier na toe kom. Toe klim ons in ons kar. Ry AL die fokken pad tot hier sodat julle kan se julle kan ons nie help nie?

Dr. Goosen :
Ja

Jaak :
HOEKOM DE FOK HET JY DIT NIE VIR MY OOR DIE FOON GESE NIE???

Dr. Goosen :
Aaaah shit tjomma. Ek het regtig nie daar aan gedink nie.

Jaak :
Ag fok dit. Kom ons gaan Michael hulle is kak praters.

Michael :
Fok.

Jaak :
Wat gaan hulle volgende se? Ooooee ons het nou n band en ons songs speel op tv 24/7? Pfffft… Ghost hunters my ass.

Michael :
Meer soos ghost not hunters.

Jaak :
Ja, of Im not a ghost hunter.

Michael :
Of I wish I was a ghost hunter.

Jaak :
Of wat van…

Dr. Goosen :
Uhmmm sal julle nou fokkof?

Jaak :
Oh shit ons is nog hier. Haha Kom ons gaan Michael.

Michael :
Dankie dat julle ons tyd gemors het.

Prof Merwe :
Plesier. Kom weer.

Michael :
Okay dankie julle. Tata.

Jaak :
Dude! Ons is kwaad vir hulle onthou jy?

Michael :
Oh ja. Nooit weer nie! Ek haat julle!

Jaak :
Nice one! High five!


Hulle high five

Einde van deel 3...

Tuesday, December 14, 2010

Daar's 'n Spook in my Storie : DEEL 2

Die volgende dag sit Michael voor sy PC. Hy is besig om goed te design. Jaak kom by die kamer in gestap.


Michael : 
(Heel professioneel) Okay check dit uit. Ek het vir ons badges gemaak.

Jaak :
Badges? Fokkit bra dis awesome! As jy dit klaar geprint het dan is ons soos regte detectives.

Michael : 
You know it. Kyk ook gou hier. Ek het dit uit geprint. 37 jaar terug het hier 'n man en sy dogter in die huis gebly. Die pa het sy dogter dood gemaak en in stukkies op gekap.

Jaak : 
(Kots in sy mond) O fok. Hier se dit hy het haar vel af gesny en dit deur die dag gedra. En hy het haar kop gebruik as 'n bakkie waar uit hy geeet het.

Michael :
Die ou was fokken siek! (Gril en kyk weg)

Jaak : 
(Sien 'n foto van die meisie) Fuuuuuck!

Michael : 
(Skrik) Wat? Wat is dit?

Jaak :
Die dogter was fokken hot! (Wys vir Michael die foto)

Michael :
Holy shit sys kak lekker. Ek sal haar mos fokken HARD...

Jaak :
(Val hom in die rede) Okay! So daar is 'n kans dat die lekker ding spook in die huis.

Michael :

Ja maar dude, ek bly al 22 jaar lank hier. Dit het nog nooit gespook nie.

Jaak :
Soooo!!! Daar is 'n kans dat die lekker ding spook in die huis! 

Michael :
Maar Jaak, die huis het nog nooit gespook nie...

Jaak :
(Vererg homself) Soooooo, d a a r    i s    'n    F O K K E N   k a n s   d a t   d i e    h u i s    spoooook!!!

Michael : 
(Dink) Fok jaaaaa!!!

Jaak : 
Okay dude. Lets suite up! (Onthou) En print die badges!



Hulle altwee trek mooi pakke aan wat hulle laas gedra het toe hulle ouers hulle forseer het om kerk toe te gaan. Hulle clip die badges aan hulle blazers vas, sit hulle donker brille aan...



Michael :
Ek kan nie sien nie!


Sorry... Hulle haal die brille weer af en loop by die voor deur uit.



Michael :
So waar begin ons?

Jaak : 
Ons moet eers als uit vind wat ons kan van spoke voor ons haar probeer vang.

Michael :
Onthou jy daai weird chic van die fun fair? Sy het heeltyd gepraat oor sy wat met geeste kan praat.

Jaak :
Ja dude, daai is 'n fokken goeie begin.

Michael :
Lets do this.

Jaak : 
Nee! Lets do this!

Michael :
Vergeet jy nie dalk iets nie dude?

Jaak :
Uhm... Nie so ver ek weet nie...


Michael :
Breeeee... Kom ons raak eers super fokken hoog! 

Jaak :
Aweeeeeeeee breeeeeeee!


Hulle rol en rook 'n lekker vet joint, klim in hulle kar en ry weg.

Hulle stop voor die huis waar hulle moet wees. Altwee lekker gerook en reg vir aksie!

Hulle klim uit loop super slow motion na die deur toe en in real time lui hulle die klokkie.

Die vrou maak oop.



Mahonie : 
Hello daar. Ek is Mahonie, ek het julle verwag. Kom binne.


Jaak : 
(Fluister vir Michael, maar sy kan als hoor) Fok dude, sy het geweet ons kom.

Michael :
(Fluister) Hoe cool is dit. (Altwee giggel)



Hulle gaan sit saam met haar by 'n tafel.



Mahonie : 
So hoekom is julle hier?

Jaak : 
(kyk vir Michael en weer terug na haar) Ek dog jy het ons verwag?

Mahonie : 
Oh ja. So wat wil julle weet?

Michael : 
(Kyk na Jaak en weer terug na haar) Maar as jy ons verwag het weet jy nie dan al klaar wat ons wil weet nie?

Mahonie : 
(Kwaai) Fokken se net wat julle soek! Ek het nie heeldag tyd nie. (Dink) Wel ek het. Maar ek wil nie heeldag stry oor wie weet wat nie. Wat soek julle?

Jaak :
Ons dink dat ons huis spook.

Michael : 
En ons is nou ghost hunters. En ons wil weet hoe ons die spook kan dood maak.

Mahonie : 
Die spook is klaar dood. Dis hoekom dit nou n spook is dumb ass.

Jaak : 
Verskoon ons gou 'n oomblik.



Hulle staan op en gaan praat in die hoek van die kamer.




Jaak : 
Dude, die chic is mal. Sy weet fokkol.

Michael : 
Sy is kak hot dude.

Jaak : 
Dude!

Michael : 
Dude!

Jaak : 
Nee dude!

Michael :
Dude!

Jaak : 
Okay ek verstaan, maar dude…

Michael : 
Dude, dude man dude.

Jaak : 
Dude, jys reg, sy is nogal hot.



Hulle gaan sit weer by die tafel.



Jaak : 
So hoe maak ons iets dood wat al klaar dood is?



Michael laat val sy pen.



Michael : 
Oh shit, my pen het geval. Eks so clumsy. Laat ek dit gou kry.



Michael kruip onder die tafel in en loer eers vir n tydjie na Mahonie se bene.



Michael : 
Ek het dit. Okay vertel ons hoe ons dit moet doen.



Jaak laat val sy pen.



Jaak : 
Ag dammit. My pen ook.



Jaak kry sy pen onder die tafel en loer ook eers 'n tydjie na Mahonie se bene.


Jaak : 
Het dit. Kan nie aantekeninge neem sonder 'n pen nie. (Fake lag)

Mahonie : 
Okay wat julle moet…



Hulle altwee laat val hulle penne.



Jaak : 
Ai nee kyk nou net daar. Ons altwee het op die selle tyd ons penne laat val.

Michael : 
Laat ons dit kry.

Mahonie : 
(Raak baie kwaad) Fokken los die penne julle idiots! FOK!

Michael : 
Joh, was dit nodig om te gil?

Jaak : 
Ek dink dit was super onnodig.

Mahonie : 
Ek kan sien in julle sakke, en julle nog 100 fokken penne!

Jaak : 
Uhm… Dis net vyf.

Michael : 
Leer om te tel dommie.

Mahonie :
Uit my huis uit!

Michael : 
Maar…

Mahonie : 
Uit my huis uit!

Jaak :
Maar…

Mahonie :
Uit my fokken huis uit! NOU!!! Of ek fok die lewende kak uit julle uit!!!



Hulle draf stap uit die huis uit en gaan klim in hulle kar.



Jaak :
Dude, Hoe fok mens die lewende kak uit iemand uit?

Michael : 
Ek weet nie bra. Kom ons gaan huis toe en jam Xbox.

Jaak : 
Ja wat. Ons kan more met die spook deal.



Hulle ry weg, terug huis toe.





Einde van DEEL 2...

Monday, December 13, 2010

Daar's 'n Spook in my Storie : DEEL 1


Jaak sit in die tronk. 'n Reporter sit buite sy tralies en vra vrae oor wat gebeur het 5 jaar gelede...

Jaak :
Jy vra hoekom? Hoe de fok moet ek weet dumbass? Hoekom gebeur sulke kak met goeie mense? Ek weet nie. Ons wou net 'n bietjie fun he en toe draai die fun in iets ernstig in.

Reporter :
Die polisie se dit was jy.

Jaak :
Natuurlik se hulle dit was ek kont! (Gil) Want sulke goed bestaan mos nie. Daar is niks wat ek aan enige iets kan doen nie, want ek kan niks bewys nie!

Reporter :
(Maak sy keel skoon) So sal jy ons jou storie vertel?

Jaak :
Uhm… Is dit nie wat ek anyway moet doen nie? Onthou net, dit wat ek jou gaan vertel is die waarheid. En dis nie 'n fokken storie vir mense wat maklik bang raak nie, want ja, daar is 'n spook in my storie… Dit was vrydag aand en ons was by Michael se huis…


Jaak kry 'n flash back van toe als net gebeur het. Hy onthou dit baie goed. Hulle was by Michael se huis. Hulle het al klaar 3 joints in en twee bongs elk. Hulle was alleen. En dit was 'n baie donker, winderige aand. Hulle was besig met 'n kompetisie, 'Wie kan die vinnigste sy pizza op eet?'


Michael :
Aaaaahh dude! Ek gaan in my broek kots! (Skree/lag)

Jaak :
Sis man! Moenie praat met kos in jou mond nie! (Gril)

Michael :
Ek wen! Yesss! (Skree uit)

Jaak :
Fok dude, hoe het jy dit reg gekry? Ek het nog net een slice gehad.

Michael :
Ek was honger. Relax net bra. Moenie 'n doos trek nie. (Kwaai)

 
Jaak kyk net vir Michael baie weird aan en dink, 'Hoekom de fok is hy so ernsig?'

Jaak haal die bong uit die kas uit terwyl Michael besig is om die weed skoon te maak. Hulle altwee rook 6 vet bongs na mekaar.


Later die aand toe hulle besig was om 'n movie te kyk...



Jaak :
Duuuuude. (Kry idee) Weet jy wat ons moet doen? Ons moet soos ghost hunters wees. Maar soos regtig dude. Hoor jy wat ek se? (Freak bietjie uit) Dude ghost hun... Spook vang... hoor jy my? Ek het gehoor dat die huis het 'n spook.  (Skrik vir die geluide buite)

Michael :
Spook? Is jy befok in jou kop bra! (Dink vir presies 87 sekondes) Ek het dit ook gehoor maar ek het nie gedink dis waar nie.

Jaak :
Dude ek se jou, die huis spook! (Ernstig)

Michael :
So jy dink dis waar?

Jaak :
Dude for fuck sakes, ek se jou, die huis spook! (Baie ernstig met 'n dom uitdrukking op sy gesig)

Michael :
Okay, die huis spook!

Jaak :
Weet jy wat dit beteken? (Opgewonde)

Saam :
Ghost hunters!!! (Hou hande vas en spring in die lug op)

Jaak :
More begin ons investigate.

Michael :
Kan nie wag nie!


Word vervolg...

More kom DEEL 2.

Goeie idee

Beste movie ooit?

Gister aand sit ek en my buddy in die flat en ons rook 'n paar bongs en raak baie lus om 'n movie te kyk. Ek onthou toe ek het so paar dae gelede weird movies ge-google en toe op 'Possession' af gekom en dit gedownload. En O my fok!!!
Ek sit nou en wonder nog steeds WAT DE FOK HET GEBEUR? Die movie gryp jou in 'n manier wat ek nie kan explain nie en laat jou nie gaan tot die end credits nie! Ek wil nie veel se nie want almal MOET die movie sien!

Al wat ek weet is dit is een van die beste, malste, weirdste, fucked up'ste, awesome'ste, belaglikste movies wat ek nog ooit gekyk het!!! JULLE MOET DIT SIEN!

Download torrent van movie :
Possession (1981)

Kyk die trailer hier :


Sunday, December 12, 2010

Aliens


Ek dink aan wolke bo my wat hulle shape verander en 'n alien space ship wat my kom weg vat. Maar voor hulle my weg vat wil ek eers by hulle hoor wat hulle met my wil maak. Daar is mos nie 'n kans dat ek SOMMER maar net in hul space ship gaan klim sonder enige idee wat daar bo aan gaan nie.
Dalk is hulle super siek aliens wat seks goed met my gaan doen, of dalk my gaan martel en met 3 vingers en 7 tone terug aarde toe stuur.
Dan aan die ander kant... Dalk is hulle fokken cute aliens wat my maatjie wil wees en alien aan-aan wil speel. Dit sal ek doen. Of dalk nooi hulle my vir 'n alien krieket toernooi en ek moet dan die Zurbabha-Noord span coach. Dit sal fokken lekker wees.

Maar wat gebeur as my span verloor? Wat gebeur as hulle ver verloor?

Dalk as ek verloor doen hulle aaklige seks goed met my...
Of dalk as hulle ver verloor martel hulle my...

Aliens sien mens altyd in movies as die bad guys, wat die wereld wil oor vat. So tien teen een gaan hulle my op fok op een of ander manier. So basicly, maak nie saak wat nie, ek gaan of verkrag word of gemartel word.

En seker as ek terug kom aarde toe dan het ek al klaar als vergeet want hulle wipe mos jou short term memory...

So hoekom dan nou nie. Ek sal saam gaan. Hulle kan doen wat hulle wil. Ek gaan anyway fokkol onthou nie.